Jongste aktiwiteit:

wes van kus

 

 

sal ek my geskenke bring

karige bymekaargeskraapte

ootmoedigheid van geestelikheid

verroeste ploegskaar van die plaas

vol gate wat leeg verloor is aan boute

en moere wat alles aanmekaar moes hou

vele kere se onverdiende oorlewing

na lewensonderbrekende slae

wat temper en uitslaan

al wat duik kan wees

wat olie giet

op wonde

wat

stadig

genees

geen bid

ooit te kort

geen pad ooit

te swaar

alles

net

genade

in die oujaar

 

© Tearlach.

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed