
Vertroue
ek, geknakte riet
maar nog heel
voortgespruit uit die swartste grond
kyk op na die hemel
wieg op die maat van die sagte wind
wat deur blare speel
dans saam met woeste orkaan
trotseer die storms van die nag
want ek weet
ek sal nie breek
ek is veilig
God is in beheer van alles wat gebeur
al sou die lig verander in donker
sterre uit die hemel val
die aarde skeur
berge in die see verdwyn
alles wat leef vergaan
vertrou ek op my Vader
weet ek verseker
Sy liefde vir my sal bly staan
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.