‘n Vinnige versie (1)
een oggend word jy wakker in die nag se donker uur daar waar duister jou kasty in die lang minute tussen drie en net voor vier jy weet die dagbreek kom al nader en teen 5-uur maak die son al elders lig jy skakel jou tablet aan . . . en waag jou hand aan […]
Antiek
Onthou in my oudheid hoe nuut ek was vind myself blink in ‘n ander era pas. Eens het ‘n spieël op my gerus nou hou my werkblad woorde vas, Meer van jouself sal jy nou sien, want woorde weerkaats jou hart dus is die spieël uitgedien. Ontbloot myself afgeskuur, langs die les-senaar vind in lyne […]
Oogwink
Onverwags het tyd ophou wag en het wysers gebuig vir my begin lag sekondes skop teen minuut mure en my horlosie tel jare in ure voor ek myself kon vind het ek my aan tyd vas gebind en sien ek myself oud in die oë van ‘n kind
Winterse Verlange
Winterse Verlange Dis ‘n warm somersdag maar daar is ‘n winterse verlange in my hart, ‘n verlate uitgestrekte doodse yslandskap kaal gestroop, alles onder ys begrawe, en so lê almal en alles dierbaar al oor dekades heen— Nuuskierig gaan ek toe my verjaarsdaglys na vanaf Januarie tot Desember en vind by so baie name is […]
Gediggie vir kinders: Die Hoorlosie
‘n Gediggie wat ek oor ons almal se stryd met tyd in die oggend het, veral om die kinders uit die bed te kry! DIE HORLOSIE Ons hele lewe is ‘n gejaag na en draai om tyd. Kompleet soos ‘n klop rugbyspelers se stryd om ‘n bal in ‘n rugbywedsryd! Dit is asof die tyd […]
Erik se Delusies
Erik stop voor die donker venster van die restaurant en maak eers seker dat sy voorkoms is soos hy dit wil hê. Beïndruk met homself, loop hy tot by die deur en verwag dat een van die kelners van binne die deur moet oopmaak. Hy betree die restaurant en kan voel hoe alle oë na […]
Gediggie vir kinders
DROOM VAN ‘N JAPSNOET My keel trek op ‘n knop. Dit is alweer Sondagmiddag! More-oggend moet ons weer dou voordag op, Want more is dit alweer Maandag Ek wonder vir wat hulle dit Maandag noem. Seker omdat die maan nog nie eers weg is voor ons op moet staan, en my selfoon se alarm op […]
Gediggie vir kinders “DETENSIEPUNT”
‘n Gediggie wat ek vir my dogtertjie geskryf het vir die Eistedford, na aanleiding van haar grootste vrees:) DAAR IS ‘N WOORD Daar is ‘n woord, ‘n nagmerrie woord, ‘n vloekwoord Net so erg soos moord. Moet asseblief nie daardie woord sê nie. Nie hard nie, nie eers sag nie, glad nie! Dit is ‘n […]
Tot die einde my kom haal…
Koor Ek wil jou hê ek wil aan jou vat Ek wil proe hoe jou lippe smaak tot die einde my kom haal Want, jy, ek, ons ons is vir mekaar gemaak En wanneer die einde insig is my bokka, wil ek in jou oë verdwaal ooo ja, tot die einde my kom haal Vers […]
Vanaand onthou ek jou!
Vanaand onthou ek jou! … Ek onthou vanaand elke goue oomblik saam met jou, soos die aand toe ons, ons lief aan mekaar belei. Gemaklik gevoel om soveel met jou te deel, en steeds laat jy my voel, so ongelooflik vry. Al het ons altwee aanbeweeg, en jy hetdie regte man gekry om mee te […]