Jongste aktiwiteit:

Erik se Delusies

Erik stop voor die donker venster van die restaurant en maak eers seker dat sy voorkoms is soos hy dit wil hê. Beïndruk met homself, loop hy tot by die deur en verwag dat een van die kelners van binne die deur moet oopmaak.

Hy betree die restaurant en kan voel hoe alle oë na hom gerig word. Hy glimlag heel in sy skik. Dis mos hoe dit moet wees. Hy spandeer nie verniet so baie tyd in die gym nie. Soos hy na sy tafel stap, kan hy sien hoe elke vrou daar oor hom swymel.

‘Ek sal persoonlike sekuriteit moet aanstel om hulle van my af te hou,’ dink hy terwyl hy vir ‘n blondine oogknik. Hy’s seker daarvan dat sy flou geval het.

‘Verskoon tog, meneer,’ sê ‘n jong man vir Erik.

Erik kan sommer sien dat die laaitie nie baie tyd spandeer op sy voorkoms nie. Die baadjie wat hy aan het is ten minste ‘n dekade oud. En defnitief nie van die voorste modehuis van Europa soos syne nie.

‘Wat?’ vra hy nie baie vriendlik nie.

‘Hierdie is nie jou tafel nie. Ek het dit weke terug al bespreek,’ sê die jong man ferm.

‘En jou punt is?’ Erik kan nie glo dat die snuiter nog daar rondhang nie.

‘Hierdie is ‘n restaurant waar jy ‘n bespreking nodig het om ‘n tafel te kan kry,’ gaan die jong man voort.

‘Ek was eerste hier. Buitendien, jou van is duidelik my van ook. Jy moet trots daarin voel,’ sê Erik met ‘n glimlag wat bedoel is om vriendelik te lyk soos ‘n haai s’n.

Die jong man trek sy mond ongelukkig en loop weg.

Heel gelukkig maak Erik die spyskaart oop.

‘Ahem,’ maak iemand sy keel skoon.

Geïrriteerd kyk Erik op. ‘n Middeljarige man, deftig gekleed in ‘n swart aanpak met bypassende das, staan langs die jong man wat weer daar is soos ‘n muskiet.

‘Kan ek jou help?’ vra hy die ouer man.

‘Ek hoop so,’ antwoord die welgekleede man beleefd. ‘Is u Martin le Roux?’

‘Natuurlik nie! Ek is Erik le Roux,’ stel hy homself voor en steek sy hand uit. Die ouer man skud sy hand.

‘Aangename kennis. Ek is die bestuurder van die restaurant. Ek’s bevrees hierdie tafel is bespreek in Martin le Roux se naam. Ek sal u moet vra om te loop. Die restaurant is vol bespreek.’

Erik kan voel hoe sy wange vlam vat. Almal in die restaurant hou hulle dop. Hy skuif sy stoel hard terug en staan op.

‘Ek’s in elk geval te goed vir ‘n plek soos dié,’ sê hy soos hy die restaurant uitstorm.

Hy loop te vinnig en bots met ‘n kelner wat ‘n skinkbord vol drinkgoed dra. Hulle val en al die glase breek. Erik in sy duur ontwerperspak is deurnat met verskeie drankies. Hy staan op. Al die gaste van die restaurant klap hande en lag vir hom.

Erik storm by die restaurant se deure uit wat ‘n kelner vir hom oop hou. Hy ruik soos ‘n distilleerdery. Hy was nog nooit so in sy lewe verneder nie. Hy sal hulle almal terug kry. Al vat dit ook hoe lank.

Hy jaag weg in sy Maserati, die donker nag in.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak