Wêreld
Wêreld
Donker aarde vou oor ons. Boere vrees bek-en-klouseer bring groot gemors.
Hittegolf kom maak sy draai. Winde waai, die oes lê orals rondgesaai.
Donker klou aan die mens se nek. Hoe gaan ons deur hierdie krisis werk?
Op ons knieë buig ons voor U, Heer. Ons was bederf met soveel meer.
Laat U lig op die donker van vandag tog skyn. Seën ons eerder met net wat ons nodig het.
Uit my hart sê ek jammer dat ons as mense U die meeste eer wanneer die nood in ons sakke vloereer.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.