Jongste aktiwiteit:

Wanneer die lewe met sy sweep kom slaan

Wanneer die lewe met sy sweep kom slaan…

 

Die jaar is besig om sy tas te pak.

 

Hy het geliefdes se lewens kom neem, maar ook weer nuwe lewe teruggegee.

 

Ander het mekaar gegroet en gesê: “Ek kan net nie meer nie.” Omgedraai en op jare saam weggeloop. Ander het beloof: “Tot die dood ons sal skei.”

 

Rykes het geval, armes het opgestaan. Die son het gaan sak op een se stoep, maar weer opgekom voor ’n ander se deur.

 

Vir oulaas pak die jaar voor hy groet. Hy neem almal se laaste moed. Hy vat hul vrede soos ’n hoed voor hy loop en sê: “Ek hoop dit gaan goed.”

 

Hou aan klou aan Hom wat weer vrede sal bring. Die brander is amper weer verby, en almal se harte sal weer kan sing.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed