
Van stof tot stof…
Breekbaar broos in die almag
van jou kwesbaarheid
vertroetel die oordeel die stof
wat saam die wind wegwaai
breekbaar liefkoos die
hoekoms en waaroms jou
soos ñ mot en kers
mekaar uitdaag tot laatnag
en die reuke en geure van gister
se lag jou mondhoeke troos
ñ lewensreis wat aan die einde
van jou aardse kruis-stryd sterf
sodat die lewe gebore kan word
in die roepe en ego’s van wat was
gebroke soos jy nou hulpeloos
net aanploeter ter wille van skok
en die groet is ñ moet
want hoe sal jy jou asem kan uitblaas
uit stof is jy gevorm
en tot stof sal jy terugkeer
met gees en waarheid
Wie se waarheid?
Sal jy die antwoorde miskyk
totdat jy jou asem uitblaas
tot jy gebore word
in die sterftes van jou sondes
van stof tot stof sal jy terugkeer
in waarheid met of sonder God.
© 2018 C. Holder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.