Jongste aktiwiteit:

Wat is die mens

Wat is die mens
Wat is die mens dat
U die Godheid hom
dag na dag wek uit
sy nagslaap
dat U sontraalstrepe oor
sy wange trek
dat U tree vir tree saamstap
sonder tekens van moegheid
hom klee en voed
selfs sy hare is getel
U was daar voor konsepsie
EN
U was daar met die laaste
asemteug
hoe ontsagwekkend die
grootheid van U Almag
nog voor ‘n gedagte posvat
ken U die onuitgesproke woorde
U inwonende Gees lei en rig
hierdie nietige wesens
tog na U beeltenis geskep
koningskinders

Abba Vader aan U lof en dank
vir elke abba deur woestyntyd
wanneer die swart hond knor
alleenheid se stilte klop
eensaamheid toutjies trek
hartseer oorval
in stortvloed trane
bring U weer kalmte
omarm U vertroostend
in ons verlange
word herinneringe uitgepak
so stap ons
hand aan hand
op onbekende pad
maar met dié Ewige Navigator

©Berna
05.04.2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed