Jongste aktiwiteit:

13 November 2021 Gala aand

INK skryf in Afrikaans, doen dit weer. (Wendy Leigh – 2021-11-15)

Anzé Bezuidenhout, die kranige stigter van INK het hierdie jaar weereens haar heel beste voetjie voorgesit. Sy het ‘n prentjie-mooi glansgeleentheid na skrywers reg oor Suid-Afrika gebring vir die Prestige Gala-Aand & 2021 Skrywerskompetisie wat homself op 13 November 2021 by die Royal Elephant Hotel in Centurion afgespeel het. Daar het gaste van heinde en verre opgedaag om in die trots van hul taal onder een dak bymekaar te kom. Die verrigtinge was vir die lede ‘n heerlike samekoms om die welverdiende erkenning te kry vir al hulle harde werk. Nie almal het in aanmerking gekom vir ‘n prys, maar die eer was beslis die grootste belonging om hulle werk in die verskeie bloemlesings opgeneem te mag hê. Vir baie was dit hulle heel eerste Gala bywoning en vir ander was dit ‘n aangename herhaling en aanvulling tot nog meer goue herinneringe.

Met die aankoms kon daar duidelik opgelet word hoe die gaste in hul perfekte drag, netjiese hare en selfs mooi gepolitoerde skoene in die binnehof gesellig verkeer met verversings in die hand. Gerieflik kon elke gas hulle name op plakpapier skryf om die ervaring soveel meer persoonlik te maak. Die binnehuisversierings en dekor was keurig bymekaar gesit met ‘n stylvolle klasieke afwerking in skakerings van swart en silwer.  Die kos was uit die boonste rakke met ‘n eksotiese voorgereg en ‘n smul heerlike buffet as hoofgereg en nagereg. Die aand was uitstekend georganiseerd met Heino du Plessis as Seremoniemeester aan wie se lippe die gaste behoorlik gehang het. Om die aand liries te vervolmaak het twee gas sangeresse, Lunardi en Natalie die vertrek met hulle mooi note gevul om die atmosfeer ‘n onvergeetlike een te maak.

Hierdie jaar moes INK soveel groter skoene aantrek, want die inskrywings het behoorlik  ingestroom en moes die beoordelaars bontstaan om die beste gedigte en stories te kies wat in die Inkspraak bundels saamgevat moes word. Dit was ook die bekendstelling van die bloemlesings INKSPRAAK 2, waar die gaste dan elkeen hul eie eksemplaar kon aanskaf en huistoe neem om vir altyd te koester en bewaar.

Twee fotograwe het sorgvuldig foto’s geneem om te verseker dat so aand nie maklik vergeet sal word. Daar het ‘n groot opgewondenheid geheers met die uitdeel van elke prys en toekenning, want dit bly die INK lede se behoud om elke skrywer sy plekkie onder die son te gun. Die aand het heerlike samesyn te wee gebring, waar almal se glimlagte die reuse sukses daarvan verklap het.

Dit was geweldig spesiaal om die jeug as vars nuwe aspirant skrywers ook daar te sien floreer. Dit gee ‘n mens hoop vir die bevordering en behoud van Afrikaans, dat daar ‘n  wonderlike nalatingskap is vir ons toekomstige generasie. Met soveel waardering het die gaste almal tevrede en met ‘n lied in hul harte weer huiswaarts gekeer in die wete dat INK Skryf in Afrikaans, dit weer gedoen het.

Die hart van INK klop behoorlik vir die bevordering van gehalte poësie en kortverhaalkuns in Afrikaans. Besoek gerus die webtuiste (www.ink.org.za) om deel te vorm van so ‘n uitstaande platform, waar woorde vlerke kry en skrywerstalent hemelhoog vlieg.

‘n Spesiale dank aan almal wat hierdie jaar se Gala-Aand so ekstra fantasties gemaak het.

Trofees & Sertifikate verwerf:

INK TOEKENNINGS

GEDIGTE

BRONS

1.Francois Meyer (Gedagtes) met Koekoekbeleid

2.Thérèse Fensham met ‘n Gedig vol ivyblare

3.Cornien Naude met Die laaste blaar het geval

SILWER

1.Elmarie Nienaber van Kampen met Die reuk van mis

2.Morne du Preez met Die dood van ‘n vlinder

3.Annamarie van der Merwe met Alexanderbaai

GOUD

1.Andries Fourie met Wroeging van ‘n talentverlate skrywer

2.Caren Kearley met Flentervrou

3.Anze Bezuidenhout met Steenson

VERHALE

1.Amanda De Meillon met Pesag oorwinning

2.Riaan Palmer met Die ontelbare name van God

3.Helena Mellet met Draairoomys

 

RUBRIEKE

1.Marlene Erasmus met Dit is mos nog die mooiste maand: Oktober?

2.Ano met Meditasie vir medikasie

3.Driekie Grobler met Lewensvreugde

 

ARTIKELS

1.Ano met Om te eier of nie te eier nie

2.Driekie Grobler met Dood waar is jou angel

 

 

GORRELS

1.Driekie Grobler met Die genot van ‘n kykpartytjie

2.Amanda De meillon met Kringloop

3.Ano met Die reine waarheid

 

DIGTER VAN DIE JAAR

1.Andries Fourie

2.Francois Meyer (Gedagtes)

3.Zebulon Kochk

SKRYWER VAN DIE JAAR

1.Riaan Palmer

2.Amanda De Meillon

3.Ano

 

Aanmoedigingsertifikate:

1.Charlene Jordaan Kotze

2.Adri Bezuidenhout

3.Carma Mostert (Skolier)

 

KOMPETISIE wenners

 

VOLWASSENES

KORTVERHALE:

  1. Weskus sonsak – Yolandi du Plessis                                ALGEHELE WENNER
  2. Moedelose verslaenheid – Lynelle Clark                        NAASWENNER

3.Die moeite werd – Isabel Martinsen                                   

  1. Solly se storie – JJ van Rensburg
  2. Waar is my Nina – Melindi Heyns

 

ALGEHEEL GEDIGTE VOLWASSENES:

1.Andries Fourie  met Eindeloos (Elegie)                              WENNER

2.Bertie Cloete met Plaas Psalm (Balade)                             NAASWENNER

3.Karlie Lubbe met Plaaskind (Vryvers)                                

4.Johan van der Merwe met Vestingsnes (vryvers)

5.Pieter Mostert met God dig die natuur (Vryvers

 

BALLADE:

  1. Ballade van die man in die mis – Morne du Preez    AFDELING WENNER
  2. Ballade vir ‘n briekdanser – Sharon du Preez
  3. Ballade van ‘n droomseisoen – Andries Fourie
  4. In diepe nood – Francois Meyer (Gedagtes)
  5. Ode aan ‘n renoster – Linda du Plessis

 

ELEGIE:

1.Eerste liefde – Carmen Edwards                                             AFDELING WENNER

2.Elegie vir ‘n babelaar –  Sharon du Preez

3.Trane – Ronnie van Niekerk

4.Onthou my naam – Drienie Kelly

5.Net nog ‘n kind in die graf Balmoral – Amanda De Meillon

 

SONNET:

  1. Gimnas van die lewe – Marietna(Etna) Wepener            AFDELING WENNER
  2. Digter van die liefde – Pieter Mostert
  3. Nemesis – Adri Theron
  4. Siklus – Ronnie van Niekerk
  5. Engelse Sonette-krans – Andries Fourie

 

VRYVERS:

1.Spyt Elmarie Nienaber Van Kampen                                     AFDELING WENNER

2.Begrawe my hart – Mardeen Tait

3.Vrees – Karlie Lubbe

4.Roekeloos – Lizelle van Sckalkwyk

5.Kalkkliptorings – Jolene Nell

 

STUDENTE / LEERLINGE

KORTVERHALE:

1.’n Jaar daarna – Marianne Roos                                         ALGEHELE WENNER

2.’n Waas van waarheid – Mia le Roux                                 NAASWENNER

3.Verander die mens – Aliyah Cremer

4.’n Ander tipe joernaal – Zindi van Zyl

5.Leisie die luis – Ankia Killian                                                   

 

GEDIGTE:

ALGEHEEL

  1. Eierdans – Olivia Lubbe  ALGEHELE WENNER
  2. Haar hart Jenna Wilkenson NAASWENNER

*&*&*

 

 1.Miskien – Twana Nel                                 AFDELINGWENNER

2.Ewigheid – Marissa Fourie

3.Asblik kinners – Zindi van Zyl                  

4.. Pandemiepandemonium – Chanel Morgan

5.’n Ballon – Alicia Jansen van Rensburg

 

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed