Jongste aktiwiteit:

Ster gradering op Ink

  1. Alle lede wat vir die eerste keer deelneem aan ‘n projek begin op die Brons gradering. Die Brons gradering word dus outomaties toegeken aan lede wat betrokke is met gedigte plasings  by projekte. Alle ander afdelings is sonder ‘n ster gradering en neem deel en word beoordeel op dieselfde vlak.
  2. Die Silwer gradering word toegeken aan ‘n lid wat 5 x in die top 3 van die Brons klas projek aanbiedings gepresteer het.
  3. Die Goue gradering word toegeken aan ‘n lid wat 15 x in die top 3 van die die Silwer klas projek aanbiedings gepresteer het.
  4. Die Meester gradering word toegeken aan ‘n lid wat 25 x in die top 3 van die goue klas projek aanbiedings gepresteer het. Om vir ‘n Meesterklas te kwalifiseer moet die betrokke lede ook 50% buite INK prestasies behaal.

Niemand is onder enige verpligting om aan die ster gradering of projekte deel te neem nie, dit dien slegs as aansporing. Lede wat verkies kan steeds net vir die plesier en ontspanning, hul publikasies plaas.

BAIE BELANGRIK OM TE WEET: ALLE NUWE LEDE SE EERSTE 5 PLASINGS, HETSY OF DIT NET ‘N GEWONE PUBLIKASIE (ONGEAG IN WATTER AFDELING) OF ‘N DEELNAME AAN ‘N PROJEK IS WORD IN AANMERKING GENEEM OM AS NUWELING VAN DIE JAAR ‘N TOEKENNING TE KAN ONTVANG AAN DIE EINDE VAN DIE JAAR. HIERDIE TOEKENNINGS SAL GEEN INVLOED Hê IN JOU PRESTASIES BY DIE MERIETE TOEKENNINGS VAN DIE STER AFDELINGS NIE.

Wenners November & Desember 2025 - OOP projek

Baie geluk aan hierdie 8 lede!

WENNERS:

BRONS:

(1) 34 Nicola Brown met Daldykan Reka

(2) 35 Nicola Brown met Heliantus

(3) 22 Rika Gerryts met Altyd nuut

 

SILWER:

(1) 6 Coenie Horak met Ter aarde bestelling

(2) 3 Coenie Horak met Repliek

(3) 8 Coenie Horak met Onthou

 

GOUD:

(1) 2 Pieter Mostert met Wie is ek en wie is jy?

(2) 1 Pieter Mostert met Vuurtjie van my hart

(3) 10 Hester Steenkamp met Kersete vir twee

 

PROSA:

(1) 3 Marlene Erasmus met Slaap, jou wondersoete ding!

(2) 4 Hester Steenkamp met Alles raak pap

(3) 8 Pieter Mostert met Die kwessie van genadedood in ons kontemporêre samelewing

 

VERHALE:

(1) 3 Isha met Die onderhoud

(2) 4 Marlene Erasmus met Leë arms met vol hart

(3) 2 Pieter Mostert met Hier is my hart, kan jy dit sien. Ek kom sonder skadu’s

Indien julle die wenplasings wil gaan lees klik op hierdie skakel asb: https://ink.org.za/biblioteek/projek-wenners/ 

Wenners Oktober 2025 - OOP projek

GELUK AAN HIERDIE 9 LEDE!

GEDIGTE:

Brons:
(1) No 6 Awona MET Wete besef
(2) No 9 Nicola Brown MET In die as van my gebede
(3) No 5 Awona MET Stil in beweging

Silwer:
(1) No 11 Retha van Deventer MET Ek mis myself
(2) No 12 Retha van Deventer MET Karookind sal ek bly
(3) No 4 Charles Skeen MET Tyd

Goud:
(1) No 8 Elmarie Nienaber van Kampen Met poësie slagveld
(2) No 10 Hester Steenkamp MET Lente en hoop
(3) No 3 Pieter Mostert MET Die Kaap is eg-Afrikaans

Prosa:
(1) No 9 Hester Steenkamp MET Geduld
(2) No 8 Elmarie Nienaber van Kampen MET Oumaland
(3) No 1Taai Bonthuysen MET ’n Boer se hande vertel ’n storie

Verhale:
(1) No 3 Hennie du Toit MET Juandre
(2) No 2 Pieter Mostert MET Die aarde het geluister – die maanvrou het haar trane gegee
(3) No 1 Pieter Mostert MET Die taal wat kaalvoet praat

 

 

Indien julle die wenplasings wil gaan lees klik op hierdie skakel asb: https://ink.org.za/biblioteek/projek-wenners/ 

Wenners September 2025 - Orde na chaos projek

Baie geluk aan hierdie 8 lede!

WENNERS:

GEDIGTE

 

BRONS:  GEEN INSKRYWINGS

 

SILWER:

(1) No 9 Retha van Deventer met Simfonie

(2) No 3 Pieter Mostert met Een vuurhoutjie

(3) No 11 Retha van Deventer met Woordmag

 

GOUD:

(1) No 10 Hester Steenkamp met Deur die storm

(2) No 7  Marlene Erasmus met In ewige lig

(3) No 2  Marlene Erasmus met Ek word gedra

 

PROSA:

(1) No 6 Susann Moolman met Die opstanding

(2) No 8 Marlene Erasmus met Asheuwel

(3) No 1 Awona met Eiland van orde

 

VERHALE:

(1) No 3 Pieter Mostert met Orde-dans uit die as van chaos

(2) No 2 Hennie du Toit met Na die nag verrys die son

(3) No 4 Paul S Venter met Murmurasie

 

Indien julle die wenplasings wil gaan lees klik op hierdie skakel asb: https://ink.org.za/biblioteek/projek-wenners/ 

Wenners Augustus 2025 - Linkshandige projek

Baie geluk aan hierdie 9 lede

WENNERS:

BRONS:

(1) No 2 Nicola Brown met Hunkerende hand

(2) No 5 Paul S Venter met

(3) Geen InskrywingsSoros – omoma mono

 

SILWER:

(1) No 4 Charles Skeen (Tearlach )met Hand

(2) No 3 Pieter Mostert met Onder grammatikale frons

(3) No 1 Pieter Mostert met Spieëlhand van sand

 

GOUD:

(1) No 10. Hester Steenkamp met Sannie se stryd

(2) No 9    Marlene Erasmus met Linkshandig

(3) No 4   Amanda de Meillon met Dis

 

PROSA:

(1) No 4 Paul S Venter met Die saga van Kadean, die Teenwysige

(2) No 6 Pieter Mostert met Die aandeel van die menslike brein in linkshandigheid

(3) No 3 Pieter Mostert met Piet Andersom

 

VERHALE:

(1) No 9 Isha Welman met In die land van linkshandigheid is Leonard koning

(2) No 8 Rika Gerryts met Vrees se vinger

(3) No 6 Marlene Erasmus met Jimi: Linkerhand legende

 

Indien julle die wenplasings wil gaan lees klik op hierdie skakel asb: https://ink.org.za/biblioteek/projek-wenners/ 

Wenners Julie 2025 - Skaduwee van tyd projek

Baie geluk aan hierdie 10 lede!

 

WENNERS:

BRONS:

(1) 21  Awona MET Stil-stil terug

(2) 6    Awona MET Asemloos

(3) 14  Wilmari Marx MET Ek onthou

 

SILWER:

(1) 25 Retha van Deventer MET Tanende tempo van tyd

(2) 26 Retha van Deventer MET Uurglasdrome

(3) 9    Pieter Mostert MET Realitieit

 

GOUD:

(1) 24  Marlene Erasmus MET Skaduwee van tyd

(2) 23  Elmarie Nienaber van Kampen MET Tydgebonde asem

(3) 20  Amanda de Meillon MET Spore van tyd

 

PROSA: 

(1) 17 Hester Steenkamp Met Kuiertyd

(2) 16 Marlene Erasmus MET Vertikale tyd

(3) 13  Paul S Venter MET Skaduwee teen die wind

 

VERHALE:   

(1) 8 Marlene Erasmus MET Die windpomp se draai

(2) 3 Pieter Mostert MET Gwe en Kaggen – Die stryd om die tyd

(3) 5 Isha MET Klipnostalgie

Indien julle die wenplasings wil gaan lees klik op hierdie skakel asb: https://ink.org.za/biblioteek/projek-wenners/ 

Januarie 2026 - Nuwe begin projek

Beste INKers
Voorspoedige nuwe jaar, INKers!

Tema: Nuut / Weerbegin

Hierdie opdrag gee jou volle vryheid – om jou eie kreatiewe werk te skep rondom die tema “Nuut / Weerbegin”.

Die tema kan breed geïnterpreteer word: ‘n nuwe begin na ‘n verlies, ‘n vars lewe in ‘n nuwe plek, hergeboorte na ‘n krisis, die ontdekking van iets nuuts, of selfs ‘n nuwe jaar se moontlikhede.
Jy kan dit persoonlik, realisties of abstrak maak.

Digters

Skryf `n gedig (minimum 12 reëls, geen maksimum nie).
Dit kan vrye verse, rymend, `n sonnet, haiku of enige vorm wees.
Fokus op beelde, emosies en metafore wat “nuut” of “weerbegin” oproep.

Prosaskrywers

Skryf ‘n prosa-stuk (500–1000 woorde), soos ‘n essay, besinnende teks, monoloog of joernaal-inskrywings.
Dit kan persoonlik wees (bv. ‘n refleksie oor jou eie nuwe begin) of fiktief.

Kortverhaalskrywers

Skryf ‘n kortverhaal (800–2000 woorde).
Moet ‘n duidelike intrige hê: begin (eksposisie), konflik, klimaks en einde.
Die hoofkarakter beleef ‘n “nuut” of “weerbegin” – miskien ‘n verhuising, ‘n nuwe liefde, ‘n ontsnapping uit die verlede, of ‘n onverwagte ontdekking.

Algemene reëls vir alle kategorieë:
1. Werk moet oorspronklik wees en in standaard Afrikaans geskryf (taalvermenging net as dit die storie versterk)
2.Geen KI-gegenereerde teks nie.
Sluit ‘n titel in.
3. Lengte: Hou by die riglyne hierbo – te kort of te lank kan jou punte kos.
4.Skryf jou naam onder jou inskrywing.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Skryfgroete
Projekbestuurder.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE ’N GEDIG IS NIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

InkPols Januarie 2026

Deur vir jou ‘n GRATIS profiel te registreer sal jy onbeperkte toegang tot ons biblioteek- EN Opleidingsafdeling hê. Sien dit dus as ‘n gratis slypskool om jou met kennis toe te rus

BAIE WELKOM OP DIE TUISBLAD VAN INK.ORG.ZA

Welkom aan ieder en elk wat deel van hierdie wenspan wil wees!

Ons is in afwagting om u te registreer sodat u so gou doenlik u eie werk kan plaas en aan die wêreld ten toon stel.

INK bied ook gereelde groot kompetisies waaraan alle geregistreerde en opbetaalde lede kan deelneem.  Met maandelikse projekte en ´n aktiewe moderator wat praktiese en aansporende kommentaar op u inskrywings lewer, is daar onbeperkte groei potensiaal.

Vir meer inligting gaan lees gerus onder die staafhoof: ´Meer oor Ink´

Geen rassisme of Godslastering sal op INK geduld word nie en sulke plasings sal summier verwyder word.

Ink groete
Die Inkspan

(NB: Met ‘n beperking van 3 plasings per lid per dag, gee ons aan almal dieselfde geleentheid tot blootstelling.  Beperk uself asseblief daartoe.)

metd_pf_0609_p44a

Lees gerus ook die inligtingstukke soos saamgestel  deur Susan Grobler, Ian Raper en die INK moderator onder die opleiding-seksie 

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed