geboortepyne
groepsdruk
onwillekerigheid
outomaties, ondeurdag
semi-AI-gedrewenheid
sommer net oud-en-sleg
asseblief man – wat dan nog
na apartheid-sindroom
alles by die deur uitgegooi
alles word bevraagteken
kulturele rewolusie
diepe ineenstorting
ontgogeling van
geloof, hoop
en liefde
stem-uit-die-woestyn
bossie-profete en profetesse
vervang die Woord in tale
hoe ver gaan jy nog val
“MY Volk” – hoe ver
wil jy jouself nog
verneder
onder
selfopgelegde juk
plae van vloede
droogtes, vure
peste, en
wat nog
voor jy opstaan
uit jou eie vuur se as
“genoeg, is genoeg”
watter knie sal eerste buig
watter gesig eerste opwaarts neig
watter hart sal opstaan uit die smart
opruk oor veld en dal, saamneem, verenig
verower, verwesentlik
vestig
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.