Om doof te word
Die oog word nou my oor
om dolgraag te wil hoor
en ek lees jou woorde oor jou lippe
knars soos ysterwiele stamp oor klippe
want die hoor spat stom vir my verby
uitgenome klank wat my van doof bevry.
Ag, hoe het ek nie al prober
om iets verbaal uit stom te leer
want voëlgekweel hoor ek nie meer;
die klank daarvan het reeds verweer.
“Wil Here, soos met Lasarus,
die dood wat in my ore rus
tot lewe weer normal kom toor
sodat ek voël- en kinderlag
net weer ‘n slaggie mooi kan hoor…”
4 Kommentare
-
Ch Nel Venter
Mooi lees n mens die klank van doofheid in hierdie vers. Pragtig.
-
Kiekies
Dis so puik verwoord dat ek die stilte kan hoor en saam wil smeek: 'Seblief tog almagtige Heer!'
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
jy het hierdie versugting op n pragtige manier verwoord!