wan
trap die koringsade uit
wan die are uit in die wind
laat die dowwe sade liggies
dan saam met die kaf wegwaai
droog die sade en sak dit dan
stapel op in stoor of stort
in die groot silo toring
so word die kaf
van die koring
geskei
in menselewens ook
mense word teen mekaar
geweeg – geskik of nie bevind
die kaf dryf weg in lewenswind
die goeie are word gemaal
en meel gemaak
wat iets goeds
van kom
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.