Jongste aktiwiteit:

insig

prikkels sak in op my duin
gedagtes, woorde en werke
as jy weet waar jy vandaan is
bewus is van waar jy vandag is
weet jy dan waarheen jy op pad is

wees nie bevrees nie, o mens
jou bestaan is so klein in die heelal
jou ergste probleme verdamp as dou
tog word jy getel onder die hoogstes
word jy gemerk as koningskind

dra jou vodde of jou kleed
alles wat jy is, is net genade
selfs al het jy baie hard gewerk
word jy gemeet teen jou eie talente
al wen jy nie elke keer nie

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed