Philadelphia
(goud) Philadelphia In ’n kamer in die Blikhuisie wag daar ’n vulpen en papier en ’n posbus wat verlangbriewe reguit hemel toe kan stuur. Is daar nog ’n plek aarde wat so klein is van gestalte, maar tog so groot van gees; wat midde veld en koringlande ’n baken van die hoop wil wees. Met […]
‘n Leeftyd om te ken
Ek het vrede gemaak, met wie ek is. Geen apologie vir my andersheid, of afsydigheid. Ek lief die nag, wat my knus omvou; die wulpse ronding van die maan se kom en gaan. Daar is heilige onsag vir die nuwe dag! Gee vir my net geel rose, die Afrika son, die geure van die bos, […]
Eb en Vloed
Soos die blink oseaan in sy kalm ontstuimigheid saggies om rotse speel stu my liefde in golf op golf teen die kurwes valleie van jou verruklike lyf en die somerwind kuier saam soos ‘n halsstarrige kleinsus wat giggelend rondom ons dans ons liefde verstrengel met niks tussen ons twee behalwe die nag en die wind […]
en
daar was chaos geen skeiding tussen iets toe het Hy geskep daarna was daar skeiding tussen lig en duister tussen water, land en uitspansel daarna was daar lewendige diere voëls en kruipende diere elkeen volgens sy eie soort apart in hul eie verskeidenheid en daar was vrede en rus volmaak soos Skepper dit wou laat […]
Reistog-drafstap vry
Gebrokenheid dryf jou om soeke te vind ñ reistog waar die bestemming jou nie beskore is nie maskers in die oë wat die wêreld van jou sien jy glimlaggend agter die skerms van aanvaarding verbind die reis ontlont net meer meer van iemand wat alleen treur stukkies van jou stukkies van my tussen die onrus […]
Maanligserenade
Die maanlig sypel skaam-skaam deur my kamerruit bekruip my bed met skugter skuifelgang ek hou my asem op sy straal skep moed gly soepel stroom-op teen die laken totdat hy dapper kop uitsteek oor die bed se rant en ewe sensueel jou enkel opeis, gretig teen jou been opkruip sy liefkosing so sag jou slaap […]
Wees nooit weer bang nie
Wees nooit weer bang nie Jy hoef nie te verlang nie Want ek is by jou Sien jy hoe ek ry Op die son se straal As dit vrolik in die oggend Deur jou ruite gly? Voel my as die wind Deur jou hare streel Ek is die musiek Wat jou hart kom steel Ek’s […]
die ghaap isj wee hollans
sterk winde het bedaar maan wending is nou klaar hoog- en laag water het bedaar wolke oor my duin het opgeklaar stilte voor die storm sê hy as hy stadig swem teen gety draai net hier en daar op ‘n sy duik weer en waai stert vir my waar die spore van die walvis lê […]
Soos bloed 3. Sprokie vir ‘n babakind
Sneeuwitjie is in ‘n glaskas styf vas teen my bed. Oom Dokter sê sy is gesond, die sonarboontjie sonder smet! Maar – anders as die storie – is sy sag en donsigrond en oral rosig rooi. Haar haartjies wit soos sneeu, lyk niks na ebbehout en ogies sluit nog die geheim van blou en vrolik […]
Soos bloed 2. Aborsie is nog aborsie
alleen moet ek toilet toe gaan, dis donker in die gang, al is dit na middernag, ek sweet, skielik hartverskeurend bang ek is hier en nie ma of iemand lê op baas se baadjie en dis koud, my lê fetaal, ineengekrimp, vol weet dat my skoot weer iets misvorm dra dis twintig weke en iets […]