Jongste aktiwiteit:

Reistog-drafstap vry

Gebrokenheid dryf jou
om soeke te vind
ñ reistog waar die bestemming
jou nie beskore is nie

maskers in die oë
wat die wêreld
van jou sien

jy glimlaggend agter
die skerms van aanvaarding
verbind

die reis ontlont net meer
meer van iemand
wat alleen treur

stukkies van jou
stukkies van my
tussen die onrus
van ñ staptog
wat drafstap teen jou hakke
en jy kortasem droë mond
hyg na asem wat beperk
vasgevang is in jou longe

vasgevang is dit
wat ongenaakbaar
ontoeganklik geraak het

want gebrokenheid
kan nie skuil agter die masker
van wat geskryf staan
in die oë van ander nie

want jy is ek
en ek is jy
elkeen op ñ reistog
opsoek na net dit,
is jy nou vry?

© 2018 C. Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed