BORGE:
SOLDIERS FOR JESUS
PHAROS BOEKE
GROEP 7
BRUSH ACADEMY
KREATIO – BUNDEL OMSLAE EN PROGRAMME
LOUIS BRAAIHOUT
DIE AFRIKAANSE TAALMUSEUM EN MONUMENT
AFRIKAANS.COM
LEIGH-ANN HILL
JACO JACOBS
KAREN ZOID EN JACKIE NAGTEGAL AS BESKERMVROUE
Dankie aan: BATTER BOYS IN MONTANA PRETORIA vir ‘n lieflike saal en die lekkerste kos en ook aan TOLBOSwat as kunstenaar opgetree het.
TOESPAAK DEUR ANZE BEZUIDENHOUT:
Eerstens wil ek alle eer vir hierdie wonderlike samekoms van talentvolle mense aan ons Hemelse Vader gee Dan wil ek my man Willie Bezuidenhout (so terloops dis more sy verjaardag wat hy weereens opoffer vir ons funksie) baie dankie sê vir al sy liefde en ondersteuning om hierdie aand moontlik te maak.
En dan julle almal welkom heet, en ek hoop dat julle besef elkeen wat hier sit in eie reg ’n wenner is. Al mag ander dalk dink jou werk is nie goed genoeg nie, moet julle besef dat deur net in die bundels opgeneem te word ’n baie groot eer is. Soos julle weet word alle werk anoniem beoordeel sonder enige name of nommers daaraan gekoppel, slegs ek weet wie het wat geskryf en is glad nie by beoordeling betrokke nie ek kry dus net die titels van die inskrywings wat deur die 9 bekwame beoordelaars gekies word terug waarna ek dan die werke opsoek en met die name kombineer. JOU werk/inskrywings is dus jou stem op INK, daarom wil ek elkeen hier teenwoordig aanmoedig om jou stem te gebruik om jou spesiale boodskap in woorde vas te pen.
Ek het lank gesit en dink oor gawes/talente. Ek het al so baie daaroor gedink, geskryf en gepraat, en tog het ek een groot stuk waarheid van gawes heel misgelees. Goed, ons weet ons het almal ’n stel gawes/talente ontvang. Vir een groep mag ons gawes en talente na griffels klink en lyk maar hulle vergeet die grootste les in daardie siening dat ELKE gawe/talent uit die hand van die Vader kom. Dit bring my dan by die vraag waarvoor is dit aan ons gegee? Wat was God se idee toe Hy besluit het dat alle mense wat geskape word, iets spesiaal moet hê? Is dit aan die mens gegee vir eie gebruik en om net sy eie lewe in te kleur?
Daardie vraag tref my toe soos ’n emmer koue water. Gawes is juis nie gegee vir eie gebruik nie, maar om ’n verskil in ander mense se lewens te maak. God het vir ons gawes gegee om te gaan uitdeel in die wêreld. Hoe heel anders sal die wêreld nie lyk as al die wêreldbewoners besef dat hulle gereedskap gekry het om ander se lewens in te kleur nie? Vir seker sal nood verlig word. As die hele wêreld inkoop en vir een dag hulle gawes inspan, sal daar ’n groot verskil in baie mense se lewens kom. Maar eintlik is gawes nie gegee om net een keer ’n jaar op ’n gala aand uitgepak en op meriete vereer te word nie.
Ons het gawes ontvang om elke dag orals waar ons gaan, te gebruik. Dis eintlik ’n opdrag uit die Woord: (1 Petrus 4:10) Daarom moet julle julle talente gebruik om ander te help. Soos iemand wat in ’n huis aangestel is om ander te bedien, moet julle in God se geestelike huis al die wonderlike gawes onder mekaar uitdeel wat Hy vir ons gegee het sonder dat ons dit eintlik verdien.
Om jou talente uit te leef, is dus nie ’n keuse nie. Ons moet dit elke dag doen. Eintlik moet ons in die oggend as ons opstaan onsself herinner aan hierdie opdrag en plekkies gaan soek waar ons ons talente kan inspan om ’n verskil in ander mense se lewens te maak. JA jy wat hier sit het die wonderlike gawe van woorde ontvang, gaan en gebruik jou woorde om LIG vir ander te wees.
Volg asb altyd jou hart en drome in jou werk, glo in jouself en jou talente en droom groot!!
Geniet julle aand… ek oorhandig nou aan CARLA VAN DER SPUY om die facebook groep se wenners bekend te maak.
Bekendmaking van die FB blad WENNERS oorhandig deur CARLA VAN DER SPUY
Gedigte van 3de plek is:
3.Audrey Bierman met Blomtyd
2.Christa Diederiks met My blomakker wense
Wenner Jessica Venter met Hoopbloeisels
Verhale van 3de plek is:
3.Rika Gerryts met ñ Voël van eenderse vere
2.Irma Steffens met Groei
Wenner Audrey Bierman met Wurms
Ink trofee en sertifikaat toekennings
NUWELING VAN DIE JAAR
3.Retha van Deventer
2.Cobus Kruger
1.Coenie Horak
MENINGSTUKKE
3. Amanda de Meillon – Die dood van ‘n kind
2. Ano – Slegte goed en goeie mense
1. Marlene Erasmus – Die pad vorentoe
RUBRIEKE
3. Arnold van Zyl – Oerwoud waarheid
2. Elmarie Nienaber van Kampen – Oomblikke van kindwees
1. Ano – In die sop
ARTIKELS
3. Marlene Erasmus – Olive Schreiner
2. Ano – Die slag van Opatikloof
1. Pieter Mostert – Die misterie van ‘n uitdydende kosmiese tydmasjien
VERHALE
3. Arnold van Zyl – Daardie sleutelgat
2. Johan Janse van Rensburg – Die raaisel
1. Marthie Joubert – Skuldlas
BRONS GEDIGTE
3. Hennie du Toit – Stormwater
2. Coenie Horak – Sinkretisme
1. Cobus Kruger – Onwaarskynlikheidsleer
SILWER GEDIGTE:
3. Elize Kruger – Hartstories
2. Colin Steyn – Kindertroos
1. Hester Steenkamp – Ek onthou alles van jou
GOUE GEDIGTE:
3. Amanda de Meillon – Verlange …. deel met Caren Kearley – Verskeurde gedagtes
2. Andries Fourie – Middelpuntvlietend
1. Loretta Szirka – Voor jy ontwaak
KOMPETISIE Wenners
BEMARKINGSPRYS VIR PUBLIKASIEWENNERS:
Goeienaand Anze – deelnemers en almal wat betrokke is by Ink dig en skryf kompetisie 2024. Eerstens jammer dat ons nie die geleentheid met julle kan meemaak nie. Ons het eksterne verantwoordelikhede wat dit onmoontlik maak. Dan vir almal wat hierdie prys ontvang, baie baie geluk namens Leigh-Anne Bowley Hill and children. Ek sien uit daarna om met julle te kan werk in 2025.Julle moet ‘n wonderlike aand verder he. Baie dankie Anze vir hierdie geleentheid. Sterkte aan al die deelnemers julle is voorwaar ysters en as jy deelgeneem het is jy alreeds ‘n wenner.
Leigh-Ann Hill
ILETTE VAN GROEP 7 DOEN OORHANDIGING VAN PUBLIKASIEPRYSE
PUBLIKASIE PRYSE JEUG
1. Torch se noue ontkoming – Bella-Mea Strydom
2. Tot wedersiens, Pappa – Jessica van Tonder
PUBLIKASIEPRYSE VOLWASSE DEELNEMERS
8. Oudagsbrood – Karel Prinsloo
7. Spieelbeeld – Angelique Skeen
6. Niemand sal weet nie – Stefaans Coetzee
5. Woestynpad – Louisa van Vliet
4. Die harthospitaal – Theron Wessels
3. Dorre verlange – Yolandi du Plessis
2. Onsigbaar – Cobus Kruger
1. Die hangertjie – Marthie Joubert
BOEKPRYSE JEUG
1. Oupa se hande – Ruben van der Merwe
2. Reisiger – Madelein du Plessis
3. My ongebore kind – Chloe Strydom
5. Nuwe jaar, ou stories – Milana van der Berg
6. Wie is ek? – Darius Marx
VOLWASSE AFDELING:
VOLWASSE BOEKPRYSE
5. Bosveld Psalm – Gideon van der Merwe
4. Liefdeslied – Emsa Haasbroek
3. Die kranige atleet – Elize Ehlers
2. Blindelings – Adèle Meiring
1. Die vrou met die vlegsels – Frikkie Dippenaar
JEUG AFDELING:
JEUG GEDIGTE WENNERS
5.Risiko – Shenielle de Lange
4.Ek tik vir jou ‘n gedig – Aliyah Cremer
3.Afrikaans het kom kuier – Althea Taylor
2.Verblind – Nadia Vermaak
1.Sorgeloos oor syfers – Sunell Coetzee
JEUG KORTVERHALE
5.Kamers – Lizelle Pretorius
4.Die donkerkloof – Malienke van Wyk
3. Daar’s n geitjie in die stofsuier – Kaera-Lee Eksteen – SY WOON IN NAMIBIE KAN NIE HIER WEES NIE
2. Muis in die motorhuis – René Viljoen
1. Die woud – Imé van Aarde
VOLWASSE KORTVERHALE
10. Prostaatkanker – Elsabe Fouche
9.Aanpassing – Sanette Scheepers
8. Vinniger as n veldbrand – Essie Bester
7. Kringloop – Ansie vd Merwe
6.Die terugkeer van die Banschee – Ina Cantoni
5.Liefde onder die invloed – Felicia Erasmus
4.Ontsnapping – Ian Nel
3.Die trooshond – Alwine Folsher
2.Geroeste bootjie – Elna Kruger
1.Hart – Helene Pretorius
VOLWASSE GEDIGTE TOP 10
10• Fyn borduur: Arnold van Zyl
9• Koper krummels – Drienie Kelly
8• Vervalle liefde: Ansie vd Merwe
7• Ek hoor nie meer musiek nie: Loretta Szikra
6• Kameeldoring wysheid: Amanda de Meillon
5• Meer as genoeg: Coenie Horak
4• Boesmanland: Elize Kruger
3• Geskilderde belofte: Aniki Joseph
2• Droogvoet deur die Jordaan: Anne-Marie Kotzee
1• Vuur op die water: Hester Steenkamp