Jongste aktiwiteit:

Wees nooit weer bang nie

Wees nooit weer bang nie
Jy hoef nie te verlang nie
Want ek is by jou
Sien jy hoe ek ry
Op die son se straal
As dit vrolik in die oggend
Deur jou ruite gly?

Voel my as die wind
Deur jou hare streel
Ek is die musiek
Wat jou hart kom steel

Ek’s die blinknat dou
Op ‘n lenteblaar
Ek’s die skaterlag
As ‘n kind baljaar

Ek’s die goud-rooi vlam
Wat aan die kole lek
Ek’s die sagte soen
Van ‘n skoenlapper vlerk

Wees nooit weer bang nie
Jy hoef nie te verlang nie
Want ek is by jou
As die son opkom

Of die skadu’s daal
Soek dan na my
Ek is altyd daar
Ek is rondom jou
Soos die eng’leskaar

Ek’s jou minnaar
Ek’s jou vriend
Ek’s jou steunpilaar
Wees nooit weer bang nie
Ek is altyd daar…

©23/07/2011 Anton Bosch




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed