DIÉ GEVEG IS NIE MYNE NIE
Jy het gesneuwel in die voorste linies van die kankeroorlog en ek was onbewus daarvan dat ek die ossewalaer stywer om my moes trek om die giftige pyle van hulle bitter woorde af te weer Vasgevang in my eie rou het ek oopoë in die lokval ingeloop Vrydag die 13de Junie 2014 skaars 40 […]
Sosiaal oorlede
Asof die mensdom jou konsuis soos ‘n brandsiekbrak verjaag ontkoppel jy – *(a)sosiaal; sinies, word niks en niemand ontsien nie illogies en onstabiel glo jy ad nauseam, dat almal behálwe jy, twissiek, onsimpatiek en aandadig aan jou laaghartigheid is. *Asosiaal: Grenslynpersoonlikheidsversteuring of GPV
Kameraadskap is die hartklop van ʼn maatskappy
(Woordtelling, 510) Wat is die maklikste manier om mense saam te bind? Deur te sorg dat elkeen van die span gewaardeer, gerespekteer, en geliefd voel, skep die werkgewer ‘n verhouding waarvan ander graag deel van wil wees. Wanneer personeel voel dat hulle gewaardeer word, sal elkeen outomaties sy beste lewer, en op die einde van […]
Elke diertjie soek sy plesiertjie
(Woordtelling 832) Om in ʼn kompleks te woon kan die heerlikste gevoel van samesyn skep, of dit kan te vinnig in die grootste nagmerrie ontaard. Hierdie gevoel van tevredenheid hang grootliks af watter buurman sy intrek langs jou neem en of julle tweetjies se gewoontes ooreenstem. Indien dit bietjie krapperig gaan, is daar natuurlik geen […]
Samesyn sonder die Grinch
Vir al daardie outjies wat moeiteloos die genot uit enige Kersfeesviering kan suig. Ek het in ʼn huis grootgeword waar my drie sibbe met Kersfeesvieringe en al die ‘trimmings’ grootgeword het. Teen die tyd wat Ano byna ʼn dekade later gearriveer het, het hulle hulself van hul heidense weë bekeer en daar is alleenlik gefokus […]
My hart se tuiste
‘My huis is waar my hart is’ en my hart is by klein voetjies wat dwarsgespoor oor my oumalewe lê sagte armdrukkies wat meer as woorde sê en liefdesogies wat samesynvreugde kaats. Wat meer wil ‘n ouma dan vir Kersfees hê as SO ‘n koester-tuiste? ©Driekie Grobler (12/2022)
warrelwind-drome (SILWER)
Warrelwind-drome Desembermaand, son see en kastele in die sand matrieks op eerste vakansie alleen, onafhanklik vry hoor ek die lied van die wind wat speel op die strand een kyk in jou smaraggroen poele verdrink ek bly veel later word minute ure en ure spoel oor in dae ek proe die sonskyn op jou lippe […]
WAT KYK JY?
WAT KYK JY? Wat kyk jy? Jy sleepvoet nuuskierig verby en verrek skaamteloos jou skilpadnekkie soos jy saamkyk en, nes talle ander, vermy om te stop. Jy sê dis nie jou plek nie. Waarna kyk jy? ’n Geruislose geraas en vreemde woeling, gestamp en gestoot … gedempte gil. Ongemaklik trap-trap jy uit voeling – dis […]
TOTSIENS AAN 2022
TOTSIENS AAN 2022 En so het die jaar verwoed onder ons uitgegly. Ja, dit het vinnig gegaan en ek sukkel nog om “gebriek” te kry, veral na die laaste afdraande hier van Oktober/November af. Dit was ‘n jaar vol … hoe sal mens dit nou stel … bitter en soet; goed en sleg; vreugde en […]
Skommel Maats
wat is die nood behoefte aan ń maat van baba eerste staar na eie formaat die raak raak begin met skoorsoekerige spel ontwikkel in hol maaggevoel waarvan ek niks verstaan dan skiet en donder hormone buite beheer gevoel en denke alles spring na paar vet jare slinger die droom goor middernag maag nou al hardloop […]