Droomvanger
ek wil vir jou, my lief ‘n droomvanger vleg met engelvlerke versier soos direk van God gestuur kosbare diepsee oesterpêrels doekvoet en sag vasgeryg deur stringe ewige liefde vas en seker geborduur in ‘n agt-puntknoop vasgebind dalk ook tussen in ‘n spieël of twee sodat ons die sonstrale vas kan vang dit iewers aan die […]
Afgevalle roosboomblare …
in afgevalle roosboomblare lê alleenheid afgeëts niemand wat hul geur meer inasem of hul mooiheid in woorde skets soos die afgevalle roosboomblare voel my menswees sonder jou geen warm liefde wat oor my straal of sagte hande wat my hart omvou
Peperduur vriendskap …
‘n brief met net ‘n paar woorde op ou gekreukelde papier dit sê jou vriendskap is goedkoop maar jou liefde vir my peperduur
Genade-doudruppels
waar ek verdrink in die oseane wat deur jou are bruis lees ek die uitroep sinne in die diepkyk van jou oë en waar jou asem skor jou liefde oor die naat van my vel kom skryf ook in die boog van jou mond hoor ek die soet van omgee sonder grense so plant jy […]
Nes ‘n skugter veldblom
as jou vingers soos rivier-riete wat met water speel oor die kurwes van my lyf kom lees teken jy nes ‘n blinde liefhê tekens in voelbare Braille vul jy elke dorre bars soos welkome reën sodat ek bloedrooi nes ‘n skugter veldblom kan bot © Anzé Bezuidenhout