‘n Ewigheid en nog ‘n bietjie
my oog druppel ‘n liefhê traan in die wye oseaan ‘wyl jou asem minnebriewe stuur na die sekelmaan waar dit eggo op ‘n spierwitduif se tortelbaan hoe lank my lief sal die naglug vra en die bruis van die branders sal my antwoord dra ‘n ewigheid en nog ‘n bietjie daarna © Anzé Bezuidenhout
My leef se rede
in die eggo’s van die jasmyn se reuk skil jou koesterwoorde, sag in eerbied (soos reukwerk wat deur my vingers val tot by die poorte van my hart se grendeldeur) sò bind jy my vas in jou heil’ge Jabesgebied dan kom sypel dankiesê (ge)bede as uitbreek- metafore, deur my lippe se keerwalle want die wasem […]
Net jou hand …
die see is rof-onstuimig soos die storm in my hart die seevoëls raas aspris met skril stemme wat my tart ek het jou gemis vanaand die see was sommer grou die branders ken ‘n nuwe lied ons het dit saam geskryf vir jou ek wou die boodskap by jou kry die golwe moes dit leer […]
Die pers in my blou se verlang
Die nostalgie van die noodlot skilder beelde oor gister en wasem hier voor my teen die ruit op die stad se liggies flikker dof pers-blou soos my gemoed hoekom moes jy so skielik groet ek mis die reuk van kampvure en kitaar snare en die lag van jou hart jou soete reuk my gesmeek die […]
Anker
Jy het my siel kaal gestroop, my ontneem van alle hoop en met jou koue voete my binneste gekneus. Ek het gewaag en die deur oopgemaak, om jou en die woord liefde binne te laat, maar toe stamp jy die deur weer in my gesig toe. Sukkelend probeer ek die deur weer oopmaak, maar jou […]
Ek, die boelie
Op ’n dag loop ek verby die radio en ek spits my ore toe ek die volgende woorde hoor: “’n Emosionele boelie is iemand wat sy/haar persoonlikheid op iemand anders probeer afdwing.” Stadig het die skuldgevoel teen my ruggraat opgekruip. Dis ek daai, het ek gedink. Die emosionele boelie. Die skoen pas my so goed, […]
Want jou liefde sê
ek wil my siel in konfetie snipper sodat my wees soos ‘n Lotusblom statig voor jou oë ontvou (om jou elke hartswens so te vervul) dan in die koel skadu’s van jou hart wil ‘k immergroen varings plant sodat ‘n duisende spore vir jou geluk kan saai – jou na Vrede laat draai ja dit […]
Die onsterflikes
met jou tyd wat uitloop met my hart so stukkend hoe kan ek aanhou praat af en toe probeer lag “speel” dat ek nog wil leef dank die Here ons God jou plegtige belofte om – weliswaar onsigbaar – altyd naby my te bly laat my weer na asem gryp © Doret Johnstone-Robertson, Februarie 2016