Seemeeu
Tussen berg, boom en klip
en laat middagson hitte
wat golwe op die grondpad gooi
hoor mens die gesing
van voëls gereeld.
Hier is loeries en arende
en as die geluk na jou kant toe waai
mag jy dalk ’n valk sien.
Ja, my grootword is in die Bosveld
… al verlang my hart na die see
en saam saam met jou
het ek daar
op die punt van Mosselbaai
vir die eerste keer
gesien hoe die seevoël lyk.
Dit was Februarie en dit was koud,
jy het geduldig
vir my gesit en wag
en net geglimlag oor
my opwinding en kinderlike onskuld
soos ek op die strand
in die seelug
in die ronde draai.
5 Kommentare
-
-
Somerreën
Mal hieroor....die beskrywings in jou gedig neem my saam op jou ontdekkings-vlug.
-
Anze
Pragtig!!!! .. Wysig na Gedigte kategorie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
borrels
Dit laat my hart sommer met 'n punt see toe trek ... mooi geskryf.