Kruispad
Reeds getrapte voetspore eggo in jou ore,
die voete waarvandaan dit kom staan eers stil.
Die reis neem ‘n pouse en jy gedwonge ook,
want jou reeds geloopte pad spruit uit in drie.
Die reeds geloopte pad is been vier,
voor jou lê been een tot drie.
Ienkie-pienkie-ponkie en die val van ‘n dice
sal twee van die drie elimineer.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.