Moeinie omdraai nie
Moenie omdraai nie
Koud en donker voel die gang. Spinnerakke van lank gelede sien ek orals hang.
Mooi gesigte van eens het verander in geraamtes. Dit maak my bang.
Daar was drake in gister, dit het my hart kom vang. Dit wat mooi was, het my met woorde van vuur bespoeg.
Slange het om my gekrul, my van alle waardes kom beroof.
Vrees wurg my. Wat gaan die volgende tree nou bring?
Ek het die wêreld reeds oorleef, praat ek met myself.
Ek skeur in twee, ’n gedeelte gaan terug, ’n ander probeer beweeg.
Die deur hang swaar hier voor my; keuses vermom.
Tog bly die stem in my wese opkom …
Moenie omdraai nie.
Wat skuil dié keer agter my, wat weer en weer probeer om die laaste bietjie van my te kom verwoes?
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.