Jongste aktiwiteit:

saxofoondroom (goud)

ek droom graag

dat ek my bevind

in ‘n skemer eetplek

op ‘n klein verhoog

gestoel in ‘n blou-wit kollig

saxofoon in die hand

die fynproewer gehoor

drink my musiek rustig in

saam met hul drankies

uit slanke glase

terwyl my saxofoon se klankkleur

hul in nostalgiese vervoering laat

hul gemoedelike encores

laat my nonchalant voortgaan

maar die droom word ‘n nagmerrie

wanneer ek jóú in die gehoor opmerk en

jou spottende blik my diminuendo

in ‘n ganse-gaggel omskep

neologisme – gestoel: sittend op ‘n stoel

betekenis diminuendo – die geleidelike afname in volume van ‘n musiekstuk




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed