deur Tearlach vir Gedigte Share: verwante: aand gebed Arrogant* 20 Februarie 2023 439 gesien 0 Komentare 0hou van lees jy reg die digitale mens raak al hoe meer verwyder van homself kunsmatige intelligensie is nou aan die orde van die dag . eersdaags is die plan om ‘n mens se brein oor te plant in ‘n “AI” robot reeds word baie gemaak van kuns ledemate selfs kuns harte . die voorspellers waag te sê dat die arbeidsmag binne jare vervang gaan word deur kunsmatige intelligensie wat self kan leer . op die voorpunt is die waaghalse wat vir ‘n “AI” robot ‘n proefbuis-baarmoeder wil installeer om te bewys dat mense gemaak word . sosiale en kultuur standaarde struikel voor aanslag van wetenskap wat alle grense wil oorskrei en daardeur die mens wil hersoneer as god . kunsmatige klimaat vloede en aardbewings is tekens van finale tye beskawings oor eeue heen het hul grense oorskrei en ten gronde gegaan . ©Teárlach Silwer Rapporteer inhoud Issue: * Kopiereg inbreuk vuil taal Ongeldige Inhoud Your Name: * Your Email: * Details: * Handig verslag Vorige volgende