Jongste aktiwiteit:

Winsvloei

op grys beton fondasies lê

praal vloere vir Gucci* skoene

met swart strepe oor wit vloere

wit vlekke in swart marmer

waterpas glad geskuur

 

die trajek is boontoe

van alreeds hoë vlakke

die daaglikse sweet ink nou grafieke

wat vandag se prestasie

verminder tot môre fondamente

 

grys beton fondasie

blink marmer voorportale

vereis altyd ń hoër wins projeksie

die nimmereindige blinker einddoele

is alles net ń sweetnattrapmeule

*Gucci is ń Italiaanse luukse mode huis gebaseer in Firenze, Italië, Produkte sluit in skoene, handsakke ens.

https://www.google.com/url?q=https://en.wikipedia.org/wiki/Gucci




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed