Jongste aktiwiteit:

Muise-jag

MUISE-JAG

Dit het begin tydens volmaan
toe die onwelkome gaste
twee blink neusies en vier skitter ogies rond
versigtig om die kamerdeur die veiligheidsfront bespied
en nadat hulle die nodige inligting inwin
woerts warts trippeltrap verby my klerekaste
en dis toe ek hul sien en met een meter sprong van die grond
gil op die hoogste noot wat my stem kan bied

my selfoon gryp en binne sekondes
word manlief se nommer ‘n noodnommer
sodat ek stamelend hulp ontbied
terwyl mnr en me muis besef daar is ‘n vyand
want op die slagveld is ‘n hindernis
en omspring en … oor spoed hoef hulle nie te bekommer
ek nog steeds gillend en hoog trap vermeng as lied
met ‘n besem hoog in die lug as ‘n wapen in my hand

…… manlief wat as jagter inval deur die huis
dwardeur die eetkamer soos een man
muis se kind zig-zag onder die sitkamerbank tot skuilend onder die buffetkas
weet ek en my jagmaat vandag is ‘n moeilike jagtog
ek weer gillend hoogtrap watertrap agterna deur die kombuis
twee besems omhoog ons wapens beman
om my maermerrie nerfaf te stamp want my brieke slaanvas
manlief blaas al klaar swetend stoomaf op ons muisjagtog

dis toe dat die teenstanders zig zag blits onderdeur my rok
dat ons die Staffie as versterking inroep vir die oorlogsvoering
wat nou nie mooi verstaan hy mag nie die huis betree
totdat hy self die tweemanskap raaksien en doelgerig
soos ‘n wafferse atleet uit sy wegspringblok
groot skok vir mnr en me muis bring
met sy miesies hoogspring beoefen tot op die tafel met een tree
en Jock oor die teels spinnend ‘n Babelse verwarring alles uit orde lig

jy sien net boeke waai, pantoffels oor die vloer skuif
Staffie se oë op die vyand gerig en vol spiere loop hy my onderstebo
sy neus sniffel as hy desperaat agter die yskas onder die stoof
sy mies en baas te beskerm en se vyand probeer vang
en net toe ons dink muisjag is verby dat hulle plan B vir ons koebaai wuif
verdwyn in hul skuilplek in die gat in die plafon kan julle glo
met ons uitasem gejag die Staffie stert tussen die bene van ‘n ete beroof
en ons ego en teleurstelling en besems wat halfstok hang

…….totdat ons laataand voor die televisie lê
en tegelyk die eerste sprong op ons houtplafon hoor
hoe iets teen ‘n rekord van links na regs goed hoorbaar wegspring
en trippeltrap vanaand raakrugby begin speel
oë na bo klaar die vyand geidentifiseer tegelyk sê
vannag lê ‘n slapelose muis-jaag-mekaar-rugby vir ons voor
toe eerste brieke gooi regs om linksom om ons koppe kring
en hul die eerste knibbelknabbelete aan iets daar bo deel

nodeloos het die vyand hier onder oorlogstruktuur bespreek en bepaal
alle moontlike opsies van gate toestop tot met besemkap teen die dak
tot ons besluit dat ons muisejag maar ons toevlug op ‘n ete bedien
sou wees en versigtig word die eetgoed en wyntjie langs die plafonluik gedek
klokslag arriveer ons gaste wat vir hul nagtelike eskapades speltegnieke begin uithaal
maar op ‘n stadium van jaag-knibbel-links-na-regs-naellope-laagsak
moes hulle hul laatnag ete en wyntjie ontdek toe hul die gedekte tafel sien
want vannag het geen naellope knibbel remgooi muisemanewales ons uit ons drome gewek

(So bietjie humor vir die dag!)

©Kopiereg Linda du Plessis 2017




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed