Basiese Profiel
Linda du Plessis
Ek was ‘n onderwyseres, getroud, het drie kinders en vyf kleinkinders. Ek was vir tien jaar hooforganiseerder en bemarker van die Boertjie Kontreifees op Bultfontein (www.vollaboertjiefees.co.za) en het verlede jaar uitgetree en is nou saam met my man permanent op toer om ons passie vir ons land, die natuur en diere deur fotografie uit te leef. Ek het so twee jaar gelede uitgevind dat ek gedigte kan skryf en het sopas my 200 ste gedig geskryf en my eerste boek “Suid-Afrika deur die oë van ons lense met kiekies en gedigte” voltooi wat binnekort na die drukker gestuur gaan word. Dit het 256 bladsye, 550 foto’s met 55 bypassende gedigte. Ek is op Facebook onder Linda du Plessis en Gedigte, Rympies, Foto’s en Geestelike pitkos. Ek sal graag wil opgradeer na ‘n betalings opsie. Baie dankie en seënwense!
1954-01-16