SKAAKMAT
SKAAKMAT
Koningin van harte
Uit my hart ruk messteekwonde diep gate
staan ek op my skaaklewenswandelpad
, word ek geslinger van pionposisies
deur geen genade links regs
op af heen en weer
geweld misdaad moord verwoes my kastele
ek vlug voor aanslae van ruiter en perd
uit my liggaam spuit bloedstromend
strompelval as ek verbete terugveg
ek een vir een my lewensbordspel
my biskoppe in droogte sneuwel
hael oorstromings werklose
perde op die grond slinger
smeek ek as ek in skaak val
baklei teen die lewensaanslag
geen werk geen geld geen huis
ek speel vir tyd ek speel teen tyd
speel vir goed teen kwaadboosheid
onheilspellend verloor ek my bordspel
maar stadig ontvou my vertroue en wete
dat met al my skuiwe van my verhoudings
met ewige vrede kalmte rustigheid beskerm
koningin van harte finaal my koningskap
die laaste skuif versigtig doelgerig neersit
SKAAKMAT
©Kopiereg Linda du Plessis 2024
Foto geleen van Internet.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.