My vals wysie (Opdrag 1)
ek sou graag wou – as ek net kon –
soos ‘n van wyk louw
die jaargetye vir jou bring
dit in meesterlike eenvoud wou besing
my woorde, die winterswit-genade
wat in jou groei en ryper word
uiteindelik tot volle wasdom kom,
die vrug wat die geheimenisse
van my siel aan jou ontbloot
maar immer raak ek stomverlore
in ‘n warboel van half-verwringde woorde,
honderdmale sonder tal
tokkel ek op my vals kitaar
wysieloos en deurmekaar
©Estelle Rubow
09/07/2018
11 Kommentare
-
-
Driekie
Pragtig verwoord
-
Callie Vermeulen
Pragtig verwoord Estelle!
-
Francois Meyer
Baie sterk inskrywing, Estelle! ☺
-
Viooltjie
Goed gedoen, Estelle 😃
-
Elroux
Goed gedoen
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie