Woordmaker (OPDRAG 1 – DIE DIGTER)
op my werkstafel uitgestal
lê vele wroeggende woordskatte, half voltooi
woordklippies subtiel oorweeg en uitgesoek
maar heellaas, steeds te lig bevind
voorbeelde van diamant, robyn en safier
fyn geslyp, afgerond en blink poleer
geklassifiseer as kosbare woordjuwele
geïnspireer deur meesters van weleer
ek wonder of ek ook beskik
oor dáárdie besondere skeppingsvaardigheid
om skoonheid, skaarsheid en duursaamheid
in blywende woordjuwele te omskep
my digtershand óók kunstig kan waag
aan diep gedelfde sielsgedagtes
dit treffend en meesterlik bewoord
en ingrafeer in ander harte
dan sou ek beskou word as ware woordmaker
soos ‘n Jonker en Marais kunsskatte nalaat
duisende woordjuwele blywend kan set
waarby ander ook dalk eendag sal baat.
©Driekie Grobler
10 Kommentare
-
Callie Vermeulen
Pragtige eerste opdrag Driekie!
-
Francois Meyer
Die beelde is iets besonders!
-
Viooltjie
Netjiese werk, Driekie 😃
-
Elroux
Mooi gedoen Driekie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie