Jongste aktiwiteit:

Salon c’ést Moi

Dis ‘n Brazillian (nie wax nie, lol)
blinkend styl is in die kol
‘n goudblond bob
getoor uit gryse stekels foil
met Shrek wat terugblik uit die spieël
ook my ma se kyk en oudword kieste
‘n skramse flitse tob
probeer ek mis –
recoil

En binne las extentions
lokkerig gebondel-braid
soos slange van Medusa
in my brein gekrul om stents
wat ‘n dood sou fnuik gedraai

Die lewe loop sy skewe pad
geen straightner sal dit uit kan stryk
goeters perm en ander kroes
en bad hair days is altyd woes

die assitent begin vir my te loer
dink die vrou lyk lelik
vee bondels hare op die vloer

Die blower sis en suis my ore dof
soms voel dit of my kop ontplof
met almal weg en afgesny
bly net die stylist oor
om knip knip knip
die stukkies van my self te hoor

Maar as ek uitstap lyk ek fine
bietjie jonger en tog sterk
die vrou en ek
ons ken ons werk
bly cut ons losses
en maak ons merk

© Charleine Collins




10 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed