Jongste aktiwiteit:

Skimme van tyd

Soms
wanneer lig se vuurtong
oor jou lippe oker,
deur die skanse van jou kilheid breek –
ek vir ’n oomblik (of langer)
my vlerke kantel
teen die hitte van jou son –
wil ek glo die dag het gekom
dat jy my broosheid sal toemaak
en my vir ewig
in jou diepste geheimenisse
sal toelaat,
ek sonder huiwer
my vlug uit ons winter
kan aanpak –
jy my met ope arms sal ontvang
en sê: jy het my lief

of is my hoop
(soos skimme van tyd)

ook maar net
teen jou glans

relatief?

© Alkallie
27/4/2017 Kopiereg voorbehou




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tokkies het ‘n nuwe publikasie gemaak