Jongste aktiwiteit:

ONSTERFLIK (GOUD)

“Love is a symbol of eternity.

It wipes out all sense of time,

destroying all memory of a beginning

 and all fear of an end.” – Madame de Stael

moet dit nie weer vir my sê nie
ek wil dit nie weer hoor nie
my asem slaan weg
elke keer as ek dit die eerste keer moet hoor –
dat dit die laaste keer sou wees
dat ek iemand soos jy sou sien

want hoekom maak niks meer sin nie?
as Jody Collins vir Leonard kon oortuig om te sing
en nie net te dig nie,
hoekom kon ek jou nie oorreed het
om langer te leef nie, en

niemand het my ook vertel
dat om in harte te leef wat ons agterlaat
is soos om nie te sterf nie –
maar hulle het my ook nie gewaarsku
hoe swaar so ‘n saamdra-hart kan raak
wanneer jy oorlyendes daar lewendig hou nie

want iemand soos jy –
was nooit net sterflik nie

omdat herontmoetings mos nademaals wag

 

© 11/2024 Caren Kearley

FB: Nimfoleptiese Woorde




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed