Jongste aktiwiteit:

Jou blou

Jou blou

waar jy presies vandaan gekom het
weet ek nou nog nie –

skemer was bleker as voorheen
en ou son strepe het nog vaagweg
teen die horison geteem

die maan het haarself moeisaam
teen my einders opgehys
so asof sy jou koms wou verkondig,
jou witskrif teen my naghemel wou wys

naïef het ek koffie vir een
in my polka dot beker voorberei,
onbewus van die jou groue en bloue
wat (tussen fyn gekerfde lagplooitjies) wag op my

vanaand staan ek
met ‘n gepoleerde glashout hart in my hand
en tooi my met die hemel, met water,
met lelies en met jou

want nou blou jy
teen my.

© Almarie Truter




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed