Jongste aktiwiteit:

KompetisieGroot skryf kompetisie

Die GROOT skryf kompetisie begin!!!

Dit is dan met trots dat ons die skryf kompetisie vir 2016 afskop op ons nuwe skrywerwerf www.ink.org.za met sommer baie groot pryse!

Pryse gaan wees:

1STE PRYS:

Mar-Leo Publiseerders in samewerking met KunsWeb bied met trots die 1ste prys van hierdie kompetisie aan! Dit sluit in:

*Druk van 50 boeke van 120 bladsye. (Ter waarde van R3 000)
*ISBN registrasie op skrywer se naam.
*Omslag ontwerp (Ter waarde van R500)
*Bemarkingsartikel op www.kunsweb.co.za (Ter waarde van R200)
*1x Advertensie ontwerp en 30 dae sosiale media bemarking. (Ter waarde van R300).

Kontak gerus Mar-Leo publiseerders by mariette@marleo.co.za vir navrae oor publisering en drukwerk.

Kontak gerus KunsWeb by info@kunsweb.co.za vir navrae oor ontwerpe en bemarking.

MAR-LEO PUBLISEERDERS en KUNSWEB GAAN DIE WENNERS KIES

2de PRYS

‘n Oorspronklike skildery (70x50cm, waarde R3000) deur die befaamde skilder Anton Kilian. Die betrokke Skilder sal die wenner kies op grond van die beste bydrae. Dit kan of ‘n gedig of verhaal wees. Met ander woorde al wen jy nie die eerste prys van ‘n gedrukte boek nie staan jy steeds ‘n kans om die skildery te wen.

ANTON KILIAN GAAN DIE WENNER KIES

Mar-Leo Publiseerders ( mariette@marleo.co.za ), KunsWeb (http://www.kunsweb.co.za/ met epos info@kunsweb.co.za ) en Anton Kilian (https://www.facebook.com/artantonkilian/?ref=bookmarks&__mref=message_bubble ) wens alle deelnemers baie voorspoed met die kompetisie!

REELS:
1. Jy MOET registreer as lid by www.ink.org.za aangesien hierdie kompetisie slegs vir INK-lede is.

2. Jy MOET ten minste een (1) werkstuk per week plaas solank as die kompetisie duur (Maart 2016 tot laaste vrydag van Augustus 2016) Indien daar lede is wat ‘n probleem ondervind kan hulle met my kontak maak per e-pos sodat ons kan reëlings tref asb. skryfafrikaans@ink.org.za Lede wat nou eers aanlsuit sal met hulle publikasies moet inhaal om by die vereiste 120 bladsye te kom

3. Die wenner van die publikasie moet genoeg skryfstukke kan inhandig om 120 bladsye te regverdig. Let asb daarop dat jy slegs 120 bladsye tot jou beskikking het, ons kan nie meer bladsye gebruik nie.

4. Elkeen ook op sy/haar eie spelling en netheid in werkstukke moet let want jou inskrywing gaan direk soos ek dit ontvang na die beoordelaars en spelfoute en swak versorging kan jou inskrywing benadeel. (Ek is wel bereid om redigering, voorbereiding en bladuitleg vir skrywers/digters te doen teen ‘n fooi)

5. Jy MOET ook jou al werkstukke in Microsoft as Word dokument aan die einde van die kompetisie gereed hê om per e-pos aan my te stuur sodat dit as eenheid vir beoordeling ingestuur kan word.

6. Daar is vir AL die deelnemers wat NIE die publikasie wen nie ‘n spesiale prys beding om jou boek/bundel deur Mar-Leo Publiseerders te laat druk, so ook – indien jy dit sou verkies – ‘n spesiale pakket deur KunsWeb vir die ontwerp en bemarking van jou publikasie. Indien jy belangstel om jou nou reeds voltooide werkstuk steeds te laat druk kontak my na afloop van die bekendmaking van die wenners sodat ek verdere inligting kan deur gee oor spesiale drukkoste beding.

7. Dan kan ek persoonlik net baie dankie sê vir die wonderlike positiewe reaksie van alle INK-lede, Sterkte aan elke deelnemer, mag die beste skrywer/digter wen!

Ek kan net weer van INK se kant af ‘n groot dankie sê vir ons borge MAR-LEO PUBLISEERDERS, KUNSWEB en ANTON KILIAN, dit word baie waardeer. Ons hoop dat die INK-LEDE van julle gaan kennis neem oor die volgende 7 maande en julle ook ondersteun.

Wees altyd geseënd
Anzé Bezuidenhout

Helder somersonskyn wens ek vandag vir jou. Dat elke oomblik van Kersdag met liefde om jou sal vou. Dit is die dag van Jesus ons redder en ons Heer. Weet dat Hy in sy almag ook oor jou pad regeer. Dit is Jesus van Betlehem, van Nasaret en Golgota. En as dit om jou donker […]

Gebore uit die wit sand, waar die son vel brand, aan die weskus van ons land, staan ‘n dogter. Skoon, vars en broos, rein, vlekkeloos; sonder die vuil van die tyd. Tussen Saldanha en Paternoster staan sy, trots gekleë in die baadjie van lank geleë. Witgekalkte huisies, klipmuutjies en rotstuintjies tooi haar in die mooiste […]

Vriende ons is by die einde  van die kompetisie. Ek wil al die lede wat deel was van die groot skryf kompetisie net weer herinner aan die feit dat ek van 1 – 9 September 2016 die volledige inskrywings MOET ontvang (GEEN  uitsonderings sal gemaak word nie, NA vandag ontvang ek GEEN inskrywings meer nie).  Ek […]

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed