Koppie krap
Ek is maar net ‘n teekoppie
Vasgevang in ‘n voëlhok
Opgehang in ‘n boom vol vreemde goed
Ek mis darem nooit ‘n sonopkoms nie
Voëltjies sing my betyds wakker
Soos hulle in die vreemde tuin speel
Ek vang myself gereeld na die wind luister
Dan wonder ek hoe ek hier gekom het –
Hoe word ‘n teekoppie
Vasgevang in ‘n voëlhok
2 Kommentare
-
Palet
Oulik!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
baie mooi Niel