opgewonde
soos ‘n veer opgewen
om teenprestasie te lewer
draai styf die sleutel
sodat karretjie kan baljaar
draai styf die tou
sodat die tol kan draai
wen jouself styf op
sodat jy uitdagings oorkom
innerlike spanning
wat te lank opgewen bly
sonder uitlaatklep en ontspan
is egter kontraproduktief-skadelik,
gesonde, gebalanseerde paraatheid
gereedheid, senuagtigheid
geestelik voorbereid
is wel gesond
gesog, en
skaars
dog
noodsaaklik
om te kan
oorleef
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.