
Routyd
Routyd
In die ou dae
was daar ‘n vasgestelde routyd
ingestel vir ‘n paar maande
ongeag hoe opreg die verdriet
maar uit ordentlikheid en tradisie
was ses maande lank in swart gerou
en na drie maande die opsie in ligte pers, maar
die mans enduit ‘n swartband om die baadjiemou—
Vir ses maande lank is jou verlies duidelik
in lanferswart rouklere geadverteer aan
‘n apatiese nie omgee wêreld wat
slegs die rouklere raaksien maar die
diepe smart nooit ooit kan weet of peil
soos net die familie en vriende in die
kleiner omgee kring,
daarom
is die swartrok weg,
die swart rouband is weg en
die hart self waar die smart uitwoed
is in lanferswart drapeer weg van
nuuskierige starende opsommende oë
aan die routyd se begin, want
hulle inkyk is geblok,
die rou is privaat—
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.