Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Die dood

VERLANGE

Deur Datum gepubliseer: 21 Julie 2021 2

die dae wat die stilte
vir jou kom fluister
jou roep in die oggend,
soggend nog duister
waar die ego
van jou stem
in my gedagtes
sproke sang
is wanneer
die verlange my
die diepsinnigste vang

Passieblomgedig- Silwer

Deur Datum gepubliseer: 29 Mei 2021 4

Lunar Trifecta

Ons is nou in die verliefraakstaduim
as ons mekaar sien
is daar ‘n onrustige ronddraai
in die kasse van ons oë
en trek ons wit skene bloedrooi

Dus wil ek met veelkleurige blomkwassies
haar skilder in sierlike geheel
waar sy op ‘n grasgroen blommeperk sit
voor populiere helder geel

maar sy vermy die dagligure

sodra die son daal…

Winter 2004 Vir Chris. SILWER

Deur Datum gepubliseer: 27 Mei 2021 3

As die laaste roosblaar
saam met die kluitklip
op die kis val
en ons snikgebed in afskeidsgroet
die winterwind omhels,
sweef my siel met jou
in soet herrinnering mee.

Kindwees dae, soetperskes,
appel en turksvy,
in die laning met die blourëenblom…
ons voetspore,
net ek en jy.

Elke plofgeluid:
die harde werklikheid,
die naelstring van ons saamwees
vir ewig afgebind.

‘n Handvol pienk roosblare
op n…

geveerde woorde Silwer

Deur Datum gepubliseer: 13 Mei 2021 6

ek stuur vir jou n briefie
op ‘n stukkie engelvlerk geskryf,
voor my agterdeur vanmore
die veer van ‘n spierwit duif,
ek weet dit was ‘n engel
want in die spierwit dou –
die woorde, ek is lief vir jou

ek stuur vir jou ‘n briefie
op daardie spierwit veer
en hoop dat dit sal help
vir my hart…

Ons Omgang met die Wêreldwye Pes

Deur Datum gepubliseer: 6 Mei 2021 3
In April hoor ek van 'n staat waar glad geen entstof aangekom het nie. Agt miljaard (8 000 000 000) aardbewoners tans, en hoeveel stinkende lyke wanneer alles verby is?

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 196 gaste aanlyn

Bydraes – Argief