AS EEN MENS SAAM IS
AS EEN MENS SAAM IS
as een mens saam is
in
groepsformaat of sielsalleen
soek ieder soort na eie soort
en
ploeter onverstaanbaar
pleeg haastig onverklaarbaar
pleit bykans onderhandelbaar
geheel en al blindelings
voort
as een mens saam is
in
groepsformaat of sielsalleen
lê ieder soort by ander soort
en
pik soos voëls van enerse vere
in raafswart straatklam klere
aan vleis en been se stikstank geure
tot botweg by die grense
van die siel
se dood
©Fanus Strydom
3 Kommentare
-
Koos Elsum
Die gedig is treffend van die soeke illusie van ń maat vind & die gevolge in ons roekelose soeke tussen ander soekers. Dankie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2022- Samesyn projek