Die droë spasies in asemhaal
Koffie kringe omring van my woorde op die verbleikte papier die blou ink is gesmeer trane vlek al droog dit op daar is dinge in die lewe wat jy net moet verduur soos mense wat stink en mense wat dink hulle is perfek daar is ander harte ook gebreek ek weet die storie word al […]
My Weduwee-gebed
Dit is nie vir my moontlik om iets raak te sien, ‘n leemte raak te sien, en dit dan te ignoreer nie. Hierdie ding sal my gedagtes van vroeg tot laat ry en pla totdat ek iets daaraan gedoen het. Immers is dit ook hoe ‘n goeie entrepreneur se kop werk. Jy sien ‘n geleentheid […]
Die vier seisoene storie.
Daar is vier strande in my hart. (Amper soos die spoke in daai cliché Kersfees-stories.) En as ek moet begin sal ek sal begin by die verlede my verlede op die warm strand met spierwit sand wat jou voete brand. Daar waar die water warm is en die bome skaars is. Die strand waar al […]
Dié eensame vrou
Soos die son sy sak, sak en die nag weer sy gesig kom wys. Kan ons vashou aan ‘n belofte, die een waarvan Dawid in Psalm 23 praat, want Hy is tog dan ons Herder, wat ons elke dag en nag beskerm. ‘n Klomp duiwe kom dan gelyk af aarde toe gevlieg, van vêr doer […]
Ek onthou.
… en ek onthou hoe jou hand geproe het vasgebind aan die hospitaalbed toe ek dit die laaste keer gesoen het toe ek jou vir die laaste keer vertel het hoe baie lief ek jou het. … en ek onthou hoe dit gevoel het die laaste keer toe jy my hand gedruk het toe jy […]
In die wind se waai
Langs ou Gatiep op die donkiekar sit Meraai. Sy is baie vies oor die stof teen haar lyf vaswaai. Sy trek haar kopdoek reg en gluur Gatiep onderlangs aan. “Ek sê djy, wane gat djy stop? Ek’s gedaan!” Gatiep ruk soos hy skrik. “Hemil Meraai, ik seg da lat ik sal stop by die wegdraai […]
traantjies
selfs die see se sagte kus kan nie jou traantjies heeltemal uitvee jy arme verstote misbruikte kind uitwerpsel van ouer-barbarisme wat het jy gedoen om dit te verdien verminkte liggaampie in opdrifsels opdrifsels van die mens se bestaan watter reg het sulke ouers tot lewe watter reg het sulke barbare op tyd om kindertjies te […]
Seisoene van jou
Ek wil die sonskyn en selfs die reënbuie in jou proe selfs as die winter jou omvou wil ek jou vashou vroeg oggend soos die dou grou in jou oë verder as dit wil ek jou gaan haal in die heelal van jou siel daar waar die seisoene jou vorm en skaaf vat my hand […]
Die onsterflikes
met jou tyd wat uitloop met my hart so stukkend hoe kan ek aanhou praat af en toe probeer lag “speel” dat ek nog wil leef dank die Here ons God jou plegtige belofte om – weliswaar onsigbaar – altyd naby my te bly laat my weer na asem gryp © Doret Johnstone-Robertson, Februarie 2016