Suid afrika my hart
Brons afdeling
Suid-Afrika – my hart
My hart brand stééds vir jou my vaderland!
Steeds laat ek langs wilgeboom my liefde vir jou vloei!
My voete trap nog spore oor jou warm sand
waar kole van onthou eer warm in my gloei.
Ons familiewapen pryk bo die vuurherd.
Ek voel geborge en veilig onder jou vlag.
Getrou bly ek – my wortels is diep en sterk!
Getrou bly ek – in donkerte en dag!
En is die goue vryheidsuur dan klaar…
Sing ek steeds trots my Volkslied sonder end
In die blou van onse hemel word ék die altaar –
dra ek jou letsels ongeskend
Met hand op hart en eer
Gloei my
liefde vir jou helder, keer op keer.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.