visie (silwer)
visie
ek het ‘n blindekol gehad
‘n gaping in my visuele veld
wat jy ongesiens oorvleuel het
sodat my sig beter kon raak
my visie was swak
en my insig was min
maar jy het my oë oop gemaak
sodat ek beter kon kyk
en waar kon neem
hoe die wêreld nou lyk
die beelde was dof
en uit fokus uit
maar jy het nuwe denke oopgesluit
die groter prentjie maak meer sin
as jy dit van ver af beskou
eerder as om alles naby te hou
©Hester Steenkamp
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2023 OOP projek