
Sielsvrede
Sielsvrede
ek was jaloers op ander se geluk
liefde en samesyn wat hul ervaar
die verlange was daar
onder pyn en trane loop ek gebuk
soos ʼn kokosneut is my hart gebreek
oor en oor tot onherstelbaar
myself wou ek graag wreek
tot ek ook geluk ervaar
min het ek geweet
my hart moet oopbreek
sodat ek met my hart kan sien
geluk wat ander nie van weet
jaloers is ek nie meer
maar betrag almal met oë wat treur
geluk in eie gewin en vervulling
is nie geluk wat jou siel laat sing
©Lia Kilian
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.