Basiese Profiel
Lia Kilian
Ek skryf sedert skooldae. Niks ernstig nie, tot 9 jaar gelede. Skryf is vir my ‘n passie. Paar gedigte is al gepubliseer in verskeie media, ook het ek een digbundel uit gegee. Gedigte is nie vir my ietsie wat jy moet lees of verstaan nie, jy moet hom voel. Ook skryf ek romans en kortverhale. Paar van my kortverhale is in gesamentlike bundels opgeneem en het ek ook my eie kortverhaal bundel uit. My eerste roman is ook al uit, na jare se herskryf en wik en weeg. Ek skilder graag en dis vir my ‘n ontvlugting. Na 23 jaar in ‘n opgeknopte kantoor en net met syfers het ek besluit om voltyds aandag te gee aan dit wat ek graag in my lewe wil doen. Ongelukkig moet ek lewe en my laatlam nog deur hoërskool sit, dus kan ek dit nog nie voltyds doen soos ek graag wil nie. Maar ‘n kantoor sien my nie weer nie, dus saam die skryf skilder en ma wees is ek ook onderwyser vir kinders met leer en emosionele probleme. Dit bring vir groot vervulling om die liefde en trots op hulle gesiggies te sien.
1968-11-05