Verlore tyd Water druppels lê tussen die stof voetspore op die houtvloer. ʼn Snik ruk deur Antjies se reeds seer bors. Die koevert wat sy vasdruk teen haar bors is opgefrommel van emosie, Sy hou dit vas soos ʼn kleinnood. Hoekom? Hoekom het hy dit nie vir haar gestuur nie? Sy vou die brief vir […]

Satans vuur Satan se gryse vuur brand my siel. Sal ek dit kan verduur? Hoe kan ek my so verniel? Die ondraaglike gekraak van bene wat versplinter. Hoe koester ek wraak oor die mense se gefluister! In skaamte sak my kop alles wel verdiend. Gal stoot op in my krop, nooit sal hy wees my […]

Stilte In stilte wagtend In stilte soekend In stilte treurend In stilte verlangend In stilte dansend In stilte liefdevol In stilte gelukkig In stilte vrede Daar in die stilte Sal jy my vind Daar in die stilte sal ek jou vind In stilte Sal ons siele mekaar omhels In stilte Sal ons mekaar vervul ©Lia […]

Pandoras Box (Flentertjies) Amanda is nie lus vir die plek vanaand nie. Klein Nellie is juis so siek en nou het sy nie keuse gehad om haar by ou tannie San te los nie. Ag Here kon my lewe nie anders gewees het nie? Tan San dink sy werk by ‘n bar as ‘n barlady. […]


Sielsvrede ek was jaloers op ander se geluk liefde en samesyn wat hul ervaar die verlange was daar onder pyn en trane loop ek gebuk soos ʼn kokosneut is my hart gebreek oor en oor tot onherstelbaar myself wou ek graag wreek tot ek ook geluk ervaar min het ek geweet my hart moet oopbreek […]

Lewensboek groot wou jy word daar was baie trane gestort vandag betree jy die wêreld onthou net jy is God se pêrel bou op die fondament die een waarteen jy rebelleer dit is nie gegiet in sement lewenslesse sal jy nog baie leer vat elke dag met nuwe hoop laat die Here saam jou loop […]

Die rooi dag Broer Witboy staan op die boonste trappie en hou die broers en susters met ʼn valk oog dop. Dis nie ʼn gesonde ding wat nou in Pastoor Johan se gemeente aan die gang is nie. Sy een hand in sy netjiese grys pak se broek sak gedruk. Met ongeduld krap hy sy […]

Niks hoe sit ek dit in woorde die gevoel van niks gevoelens het verskillende akoorde tog voel jy niks ‘n leegte gevul met denke wat gevoelens fabriseer dit laat die leegte vibreer valse gevoel gevul met seer ‘n lugleegte gevul met sterre gefabriseerde gevoelens wat uit brand en verdwyn in die verre verbintenis is verbreek […]




