Beminde
Beminde (Uit Gedagte Wandelings)
sagte sproei teen my wang
dit is hoe dit voel as ek jou vang
oorverdowend is jy op my oor
as ek jou aanslag aanhoor
gryp jy na my voete so sag
alles trek jy terug met brute krag
my emosie kan ek met jou vereenselwig
want niks wat jy wys is ongeldig
in jou diepste kamers steek jy geheime weg
daar waar alles is nog eg
na buite woed jou storms
in al hul oorbodige vorms
hoe groot en almagtig
tog so sag en kragtig
leer my jou geheim
sodat ek dit vir myself kan kleim
nooit sal jy neem sonder om terug te gee
die mooie diepe blou see
mag ek jou kamers betree
sonder dat jy my ooit terug sal gee
©Lia Kilian
Foto deur Ansie Badenhorst
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.