Die betowering van eerstehands
Daar is ‘n magiese fassinering agter elke nuutbegin of nuwe ding. Hetsy dit ‘n nuwe jaar, ‘n nuwe uitdaging, ‘n nuwe gebruiksartikel, ‘n nuwe uitrusting, ‘n nuwe lewe of nuutbeplande reisondervinding is. Daardie element van “NUUT” prikkel die psige en gis opgewondenheid oor die onsekerheid en uitdaging van herontdek. Dis lekkerkry-ondervindings. Nuuskierigheid wat borrelend bruis […]
lewe in die skemer
soos die awendson daal raak dit stil in mens se lewe almal om jou kyk meewarig na skelet van wat jy was wanneer jy stil raak word eensaamheid werklik mense verdink jou van trots van eiewysheid en inkennig as skemer wat so gou kom sny introversiewe denke diep selfondersoek laat bloedspore verdiep jou gelaatstrekke stille […]
Elke diertjie soek sy plesiertjie
(Woordtelling 832) Om in ʼn kompleks te woon kan die heerlikste gevoel van samesyn skep, of dit kan te vinnig in die grootste nagmerrie ontaard. Hierdie gevoel van tevredenheid hang grootliks af watter buurman sy intrek langs jou neem en of julle tweetjies se gewoontes ooreenstem. Indien dit bietjie krapperig gaan, is daar natuurlik geen […]
My belangrikste samesyn.
My belangrikste samesyn. Deur die Woord sal jy sien dat Jesus mense kos gegee het en saam geëet het. Van die bekendste was die ete wat Jesus en sy dissipels gehad het kort voor Hy aan die kruis sou sterf. Volgens die Skrif het Jesus uitgesien na die samesyn van ʼn maaltyd met sy geliefde […]
Hoe ry die boere – 2
HOE RY DIE BOERE – 2 Geskryf deur Fanus Strydom 2529 woorde Die eerste skof, tot by Warmbad, verloop seepglad en sonder enige verdere, onverwagse voorval of onnodige oponthoud. Die pad is besig, en dit vat pa maar ‘n rukkie om homself in ‘n gerieflike ryposisie in genesskrop te kry, met sy regtervoet gemaklik op […]
My hart se tuiste
‘My huis is waar my hart is’ en my hart is by klein voetjies wat dwarsgespoor oor my oumalewe lê sagte armdrukkies wat meer as woorde sê en liefdesogies wat samesynvreugde kaats. Wat meer wil ‘n ouma dan vir Kersfees hê as SO ‘n koester-tuiste? ©Driekie Grobler (12/2022)
warrelwind-drome (SILWER)
Warrelwind-drome Desembermaand, son see en kastele in die sand matrieks op eerste vakansie alleen, onafhanklik vry hoor ek die lied van die wind wat speel op die strand een kyk in jou smaraggroen poele verdrink ek bly veel later word minute ure en ure spoel oor in dae ek proe die sonskyn op jou lippe […]
TOTSIENS AAN 2022
TOTSIENS AAN 2022 En so het die jaar verwoed onder ons uitgegly. Ja, dit het vinnig gegaan en ek sukkel nog om “gebriek” te kry, veral na die laaste afdraande hier van Oktober/November af. Dit was ‘n jaar vol … hoe sal mens dit nou stel … bitter en soet; goed en sleg; vreugde en […]